Back to Store

Bee's Books

Nagprins
Zoom
Good

Nagprins

By Elize Parker

Synopsis

'n Warm liefdesverhaal
"Ek was al in 'n paar straatgevegte en geen man het my nog ooit 'n skrapie aan my lyt gegee nie, maar jy . .." Hy bly stil asof hy te kwaad is om verder te praat. Wat 'n bit- sige parmant! Hy moes haar nooit kom help het nie.
"Ek is jammer," sê sy skuldig. "Ek het gedink jy is 'n struikrower. Almal praat van die aanvalle op hierdie weg na die noorde. En die Engelse skepe lê glo voor anker dieper op met die Weskus. Jy `kon ook 'n Engelse verken- ner gewees het.'
Dit is 1806. Aan die Kaap neem die spanning toe en maak die Kaapse Garnisoen gereed vir 'n moontlike aanval deur die Britse magte. Dis teen hierdie agtergrond dat die vurige jong Barbara Theunissen bots met én aangetrek word deur Ryno van Imhoff, aristokratiese erfgenaam van die Roozekloof-landgoed. Maar voordat hul liefde kan gedy, moet sy baie dinge trotseer: die verlies van geliefdes en haar tuiste, 'n storm op see en skipbreuk, die jare lange vete tussen die Theunissens en die Van Imhoffs,leuens en wraakplanne.
'n Ou-Kaapse verhaal van smeulende passie, intriges en avontuur
Sagteband
BBWOMENSMONTH

Condition: Good

Investment

R50.00