Die Voorskootbatteljon
By Sarah Du Pisanie
Synopsis
Anna Joubert, haar vyf dogters en tannie Maud vertrek sak en pak uit Kaapstad Suidwes toc om hulle erfporsie in besit te neem. By die prokureur aangekom, verneem hulle egter dat hulle nie die plaas Standersfontein geërf het nie, maar net 'n gedeelte van die plaas met die huis wat haar pa later vir sy voorman laat bou het, daarop. Dit is vir Anna 'n geweldige skok, maar veral vir Karlien, haar dogter wat haar oupa se liefde vir grond geërf het. Karlien het gehoop dat sy nou haar ideaal om te kan boer, sal kan verwesenlik. Hulle ontmoet vir Johan Lindeque, die nuwe eienaar van Standersfontein en Karlien is dadelik vyandiggesind teenoor hom. Karlien vermoed dat Johan geknoei het om Standersfontein in die hande te kry, en haar vermoede word deur Bert Landman, haar oupa se stiefseun, bevestig Die Voorskootbataljon deur Sarah du Pisanie is 'n lekkerleesverhaal met baie humor en misverstande, Dis ook 'n verhaal wat Suidwes-Afrika sommer diep in die leser se hart laat kruip
Hardeband
Condition: Good
Investment
R40.00