Back to Store

Bee's Books

Die Rooi Motor
Zoom
Good

Die Rooi Motor

By Jan H Schutte

Synopsis

Prins Marks is 'n kriminoloog. Ander mense sal hom 'n private speurder noem, maar nie hy nie. Vir hom is 'n misdaad iets wat wetenskaplik benader en opgelos moet word: soos die geval van die rooi motor.
Dit begin as 'n doodgewone saak. Hy word versoek om 'n vermiste persoon op te spoor. Wetenskaplik. Soos deur besoeke aan die kroeg ..en gesprekke met minder nugteres.
Sy ondersoek laat die poppe dans. Skielik stel die polisie weer na 'n jaar ook in die saak belang. 'n Bankbestuurder nie Prins s'n nie, want hy het maar bra min van die groen goed - weier om hom in te lig oor sy voormalige werknemer. Hy wil uitvis by die vermiste se vriende, maar hulle skram weg of weier om Prins van enige inligting te voorsien.
Dit hinder Prins. Maar wat hom veral hinder, is die verskillende dinge wat hy van die rooi Opel hoor. Waar pas die motor tog in die storie? Wat kyk hy mis?
Indien hy dit sou uitvind, sal hy sy saak kan oplos.
Maklik.
Hy kry uiteindelik die spoor maar net toe hy dink dat hy die antwoord het, vind hy uit dat hy in 'n lokval gelei is
Die rooi motor is 'n speurverhaal met versekering en boedelbedrog as agtergrond wat die leser van die een spannende hoogtepunt tot die ander sal meevoer.
Hardeband
BBAF

Condition: Good

Investment

R25.00