My Simpatie, Cerise
By Eben Venter
Synopsis
Robert Mackie is geen engel nie, maar die uitspattigheid, die onbeperkte mag van Roland en Cerise Cox stuit hom teen sy ordentlike Katolieke bors. Hoe kan 'n korrupte balsak soos mnr Cox soveel sê in die stad Melbourne hê? Hoe is dit moontlik dat hy 'n Grand Prix-baan duskant jou drumpel kan bou sonder dat die papierwerk gedoen is? En wat wil Cerise nou eintlik van hom hê as sy so uitlokkend daar op die tennisbaan lê?
Hierdie vrae probeer Robert in sy jare as tuinier by Hunter's Court uitpluis. Want sy hart dwing hom om simpatiek te bly - selfs teenoor mnr Cox. Tot hy oplaas verplig voel om die waarheid uit te blaker. Mense behoort ten minste te weet watter soort man dit is wat die spuit-fontein voor die kunsgalery vir hulle geskenk het.
Dié besluit is nie sonder risiko nie. Robert weet as mnr Cox ooit dié stories te lese kry - en nie één is uit sy duim gesuig nie - kan sy lerse gevoeligheid hom duur te staan kom.
Sagteband
BBAF
Condition: Good
Investment
R50.00