Ilias en Odusseia (Fragmente uit)
By Homeros
Synopsis
2-Pak
Vertaal deur Cas Vos
Ilias (geteken deur die vertaler/samesteller)
Die twee groot eposse van Homeros, die Ilias en die Odusseia. word allerweë as tvdlose tekste beskou, tekste wat vandag nog deur "almal" gelees behoort te word. Die twee lang, verhalende gedigte word dikwels beskrvf as die beginpunt van die Westerse literêre kanon. selfs as die beginpunt van die wêreldletterkunde omdat dit so `n enorme invloed op die poësie en verhaalkuns uitgeoefen het in die eeue ná die ontstaan iewers in die agste of sewende eeu v.C. Selfs al is die begrip "kanon in ons tyd omstrede en kan lyste boeke "wat gelees moet word dramaties verskil, is die Homeriese eposse van hulle plek verseker. Dit word in dieselfde asem as werke soos die Psalms, die Gilgamesj-epos, die Mahabharata (wat die Bhagavad Gita insluit) en Dante Alighieri se Divina Commedia genoem.
Odusseia
Homeros se twee groot eposse, die Nlias en Odusseia, is soos die spitspunt van 'n berg. Dit het 'n onmeetbare hoogte. Die werke is ook soos diep klowe wat deur skaduwees verdig word. Daar is soveel misterieë en dieptes wat ontdek kan word as die skadu's wegskuif. Die twee lang, verhalende gedigte word dikwels beskryf as die begin van die Westerse literêre kanon, selfs as die beginpunt van die wêreldletterkunde, omdat dit so 'n groot invloed op die verhaalkuns en poësie uitgeoefen het in die eeue ná die ontstaan iewers in die 9de en 7de eeu v.C.
Sagtebande
Soos nuut
BBAF
BBCL
BBVP
Condition: Like New
Investment
R250.00