Back to Store

Bee's Books

Wolf, Wolf
Zoom
Good

Wolf, Wolf

By Eben Venter

Synopsis

Geteken
Op die skerm van die kring-TV sien hy dit: twee spits hondeore by die voorhek. 'n Wolfhond? Hy hou die knoppie in en kyk na die blougrys nagtoneel - en die buitengewoon groot hondekop wat hom aanstaar. Daar is iets aan die blik van die donker oë wat nie heeltemal reg lyk nie, en die oomblik dat die hees stem oor die luidspreker kom, weet Mattheüs wat dit is. "Matt," sê die hondebek, "maak flippen oop.
Dis ek."
Mattheüs Duiker, seun van Benjamin Duiker, eertydse eienaar van Duiker's Motors, maak die hek van die Kaapse herehuis oop vir sy minnaar Jack. Vermom soos 'n wolf dring Jack die intieme ruimte binne waar Matt wag dat sy pa doodgaan sodat sy lewe kan begin. Blinkoog oor die vooruitsigte sluip die twee jong mans verby die studeerkamer waar die blinde ou man, deurdrenk van droewe verknogthede en donker vermoedens, lê en wag vir die voetval van die dood.
Sagteband
Geteken deur skrywer

Condition: Good

Investment

R150.00