Die Bruid en ander verhale
By Verskeie
Synopsis
Abraham H de Vries
Pirow Bekker
HP van Coller
Maretha Maartens
Emma Huismans
Marlene van Niekerk
Etienne van Heerden
Corlia Fourie
Die tien beste verhale van De Kat en Potpourri se kortverhaal-wedstryd word in Die bruid en ander verhale byeengebring, met 'n inleiding van Hennie Aucamp oor die ontwikkeling en oplewing in die kortverhaalgenre. Vir sy metateks "Die bruid" is Abraham H de Vries bekroon met die eerste prys, terwyl Etienne van Heerden die tweede en derde pryse met onderskeidelik "Dol hond en "Liegfabriek" ontvang het. Die digter Marlene van Niekerk se kortprosadebuut "Honderd-en-vyftig jaar Spekfontein" het die vierde plek behaal.
Van die wye verskeidenheid ruimtes wat in hierdie bundel opgeroep word, sê Hennie Aucamp:
"Maak dit saak of 'n skrywer minimalisties skryf, of barokke oordaad nodig het vir sy mededeling? Maak dit saak of sy verwysingswêreld die letterkunde self is, of die verbrui kerswêreld van sy dag? Maak dit saak of hy toe gebruik om oor nou te skryf? Of nou om oor toe te skryf?
"Die gehalteteks is van sy tyd, maar transendeer dit terself-dertyd. Dit bly, selfs na baie jare, kragtige impulse uitstuur na dié wat ore het om te hoor en oë om te sien."
Hardeband
Bevat natuurlike geelvlekke
Condition: Good
Investment
R65.00