Die Tuinier se Gids tot Suid-Afrikaanse Plante
By Pitta Joffe
Synopsis
Suid-Afrika is die land met die grootste verskeidenheid inheemse plante ter wêreld. Terwyl oorsese kwekers reeds 'n uiters winsgewende tuinboubedryf op die been gebring het deur ons inheemse spesies te verbeter, word die potensiaal van ons merkwaardige plantskat nog nie plaaslik ten volle waardeer en benut nie.
Hierdie publikasie, wat onder die vaandel van die Nasionale Botaniese Instituut verskyn, lewer 'n belangrike bydrae om die gebruik van inheemse plante aan te moedig. Benewens gevestigde gunstelinge behandel dit ook talle minder bekende spesies.
Die aanbieding is van so 'n aard dat die leser maklik die geskikte plant vir 'n spesifieke situasie kan vind. Bome en struike is volgens grootte en vorm gegroepeer. Waar kleur die vernaamste oorweging is, is die plante volgens blomkleur gerangskik. By elke plant verskyn 'n reeks simbole wat die grootte, vorm, kweekvereistes, blomkleur en blomtyd met 'n oogopslag verduidelik. Hierdie gebruikersvriendelike aanbieding word ryklik geïllustreer deur volkleurfoto's van elke plant.
Pitta Joffe is die afgelope tien jaar as wetenskaplike inligtingsbeampte by die Nasionale Botaniese Instituut werksaam. As botanis met 'n besondere voorliefde vir die tuinbou, het sy hierdie boek gebaseer op haar ervaring van tuinmaak met inheemse plante.
Groot hardebandboek in uitstekende kondisie
BBAF
BBDAD
BBGI
Condition: Like New
Investment
R150.00