Goue Gunstelinge
By Verskeie
Synopsis
Liefdesverhale deur:
Tryna du Toit
Dricky Beukes
Nickey van Schalkwyk
Goue gunstelinge is tydlose liefdesverhale uit die pen van drie skryfsters wat oor dekades heen vir hulle 'n spesiale plek op die Afrikaanse rak verwerf het.
Hierdie heruitgawe van hulle romans is 'n viering van romantiese liefde in die bekende omgewing van die platteland. Die leser wat graag gunstelingfigure in die romans uit hierdie era herontmoet, sal nie teleurgesteld wees nie. Almal is daar: die dorp se dokter en die verpleegster, die kontrei se rykes en die armes, die vernames en die nederiges, die magsfigure en die weerloses. En die nuwe dominee - jonk, aantreklik en hubaar - speel natuurlik 'n hoofrol.
Sagteband
Liggies gebruik
BBAF
Condition: Good
Investment
R50.00