Back to Store

Bee's Books

'n Lelie vir die Lyk ' James Hadley Chase
Zoom
Good

'n Lelie vir die Lyk ' James Hadley Chase

By Unknown

Synopsis

Dis twintig oor twee. Die kolonel het pas klaar geëet en hy knoop sy baadjie met dik, bewende vingers los, trek dit uit en gooi dit oor 'n stoel. Daarna stap hy na die deur, ruk dit oop en stap doelgerig op die staaltafel af waar die meisie steeds vasgemaak lê.
Die twee laksmanne hurk geduldig langs
haar.
Met 'n beweging van sy kop, jaag hy hulle
uit.
Die lig klik aan en 'n comblik lank verblind die helder lig die meisie. Dan kyk sy op, vas in die wrede ogies van die kolonel wat op haar neergluur. Die uitdrukking op sy gesig laat mislikheid in haar opwel, mislikheid wat maar net angs is.
O Steve, dink sy paniekbevange, kom help my, kom red my.
Maar sy weet Steve sal nie kom nie.
En ineens weet sy, sy sal nie ingee nie. Hy kan aan haar doen wat hy wil, hierdie waansinnige man by haar, maar sy sal nie ingee nie. Sy het die wilskrag om stil te bly, tot op die einde.
Sy kyk weer na die tronende figuur oor haar.
Hy buk oor. Hy steek sy hand uit na haar toe en die oomblik as sy die harde, grypende vingers op haar voel, begin sy skreeu. Gil op gil bars oor haar lippe, onwillekeurig, snakkend...
'N LELIE VIR DIE LYK, dis James Hadley Chase, soos net hy dit kan skryf.
Sagteband
BBAF

Condition: Fair

Investment

R5.00