Glans van die Aandster
By C.F. Beyers- Boshoff
Synopsis
Vir geslagte lank het die ryk De Villierse op Bergrand gebly. Hulle was nog altyd die ongekroonde perdekonings in die omgewing in die hele land. Maar hier-die toestand kon nie vir altyd voortduur nie.
Oubaas Henri de Villiers het erg begin dobbel, en sy toevlug tot drank ge-neem wanneer sy probleme te veel begin word het. En sy dogter, Liza, moes maar alleen die mas probeer opkom. Verder het sy ook nou probleme met die Greeffs op die buurplaas, wie se beeste kort-kort na húlle grond oorkom.
Maar Liza de Villiers is nie iemand wat haar deur die lewe laat onderkry nie. Sy veg met alles in haar, en sy is niemand se onderdaan nie.
Tot op die dag dat 'n ligtekop-vreemdeling op Bergrand aankom...
'n Man wat haar lewe meteens verander, omkrap, en haar, haar ewewig laat verloor. Maandelank veg sy daarteen, en wanneer alles donker om haar lyk, is dit juis hierdie vreemdeling wat haar bystaan en help om die lewe weer vierkantig in die oë te kyk.
Liza weet egter dat dit blote menslik-heid is. Want het sy nie self die beeld-skone Tessa du Rand ontmoet nie? En weet sy nie dat Gustav Malan geen bande toelaat nie? Hy verkies om sorge-loos vandag-hier-en-more-daar voort te swerf soos hy wil.
GLANS VAN DIE AANDSTER is 'n eg menslike verhaal, eie aan die styl wat van C.F. Beyers-Boshoff een van ons gewildste skrywers gemaak het, die soort boek wat 'n mens nie wil los voor-dat jy die laaste bladsy bereik het nie. Dis 'n verhaal wat ons ontvang het, nadat ons hom gevra het om vir ons 'n storie soos.. ONGEWENSTE
VREEMDELING, daardie meevoerende, suksesvolle radio-ver-haal, te gee,
Hierdie is nog 'n keurig-versorgde boek. Aangebied deur PRONK-BOEKKLUB.
Hardeband
BBAF
Condition: Fair
Investment
R5.00