Back to Store

Bee's Books

Stil Mathilda
Zoom
Good

Stil Mathilda

By Reza de Wet

Synopsis

Mathilda stam uit 'n geslag verleidelike vroue wat daarin geslaag het om uit 'n versmorende kleindorpse bestaan te ontvlug. Dit het tot gevolg dat sy opgroei onder die wakende en jaloerse oog van haar verbitterde pa, Gerhardus Bam.
As Mathilda maar wis dat haar eenvoudige houtbed presies op die straalpunt van al die dorp se strate staan; in die wolkerige stoomkring van twee laatnagtreine én bokant 'n ondergrondse put vol soet water, sou haar lewe nie so duister en raaiselagtig gewees het nie. Sy sou deur haar toegespykerde luike kon ontglip - weg van oom Jaap met die klam oë wat haar skoonheid en haar ongerepte sensualiteit wil besit, weg van haar pa, die begrafnis- ondernemer, wat tot elke prys wil verhoed dat 'n iongman ooit weer deur n vrou uit dié geslag verraai word.
Stil Muthlehe
Maar daar breek 'n dag aan waarvan die dorpsmense dink dit is 'n doodgewone dag. Teen die aand maak juffrou Marie haar soos altyd mistroostig gereed vir haar avondmaal-vir-een, in die agterstraat trek Dot Vlok haar gordyn oop en loer na die bloedroof son: die son; die ouvrouens steek hulle kerse op en druk hulle blikkie geld nog dieper onder die matras in; in die kerkhof lê tant Hannah en tant Gerda soos gewoonlik agt grafte uitmekaar, en die hoenders in die agterplase word...

Condition: Good

Investment

R75.00