Back to Store

Bee's Books

'n Bosveldsafari
Zoom
Good

'n Bosveldsafari

By Nadine Clarke

Synopsis

Word boswys - 'n Bosveldsafari neem lesers op 'n boeiende ontdekkingstog deur die Afrikaanse Bosveld. Hier ontmoet die leser interessante diere van alle groottes, van termiete tot die renoster wat lyk of hy in die oertyd tuishoort, en ontdek hy/sy die leefstyl, kenmerkende eienskappe en fassinerende gedragspatrone van die diere van Afrika. Die leersame teks word aangevul met foto's wat die nuuskierigheid prikkel, aktiwiteite wat die vernuf toets, lewendige illustrasies en opwindende speletjies. Deur die leser se belangstelling in die natuur aan te wakker wil die skrywer hom/haar aanmoedig om verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar en dit op te bewaar.
Word boswys 'n Bosveldsafari is meer as net 'n boek. Dit is 'n bekendstelling aan die omgewing wat daarop gerig is om die hart en gees van jong mense uit alle kringe van die samelewing aan te raak. Volgende in die Word boswys-reeks is 'n opwindende riviersafari in Maputaland en 'n boeiende reis na die Kalahari-dorsland. Vir meer inligting oor Word boswys, besoek ons webtuiste by www.getbushwise.co.za. Ons sien uit daarna om jou daar te ontmoet!
BBKIDS
BBBK

Condition: Good

Investment

R50.00