Emma is g'n engel
By Kristel Loots
Synopsis
Emma wil net jonk en blond en funky wees. Nie mollig en vaal soos 'n vadoek nie. Sy is nie 'n engel nie en is moeg daarvoor om so lovable te probeer wees. Sy is eintlik veel meer duiwel as engel, dit weet sy.
'n Engel
vang nie die dinge aan wat sý aanvang nie
dra nie 'n verterende geheim rond nie
so nie dit aan haar eie suster gedoen het nie.
Dis 'n eensame pad wat sy loop. Sy verlang na liefde en om iewers te behoort, en sy smag na die troostende lyfwarmte van Burger Botha. Sy wens net die Bybelversies uit haar kindertyd wil ophou om gedurig beskuldigend in haar kop te weergalm. Sy wil nie hê mense om haar moet daarvan weet nie, maar eintlik ís sy 'n closet Christen.
Dit vat Emma lank om te leer om lief te wees vir haar lyf en te besef dat sy nie sélf haar skuld kan dra nie. Sy moet leer om dit aan Jesus se voete neer te lê. Dis net daar wat jy vergifnis vir jou sonde en jou skuld kan kry.
EMMA IS G'N ENGEL vertel die verhaal van 'n gesin wat gebuk gaan onder die aanslae van die lewe, steeds soekend na liefde en aanvaarding by die mense naaste aan hulle. Ook Emma moet leer dat vroue hulself en mekaar moet vergewe voordat die bevryding kom wat vir jou vlerke gee. Sodat jy aan die wolke kan raak
Sagteband
Condition: Good
Investment
R15.00