Back to Store

Bee's Books

Vallei van Vrees
Zoom
Good

Vallei van Vrees

By De Wet Le Roux

Synopsis

Toe Antoinette Cordier haar eksentrieke oupa wat redelik afgeleë en alleen woon - besoek, vind sy dat hy die slagoffer was van struikrowers. Een van die struikrowers keer terug en 'n voëlvryverklaarde skipbreukeling red haar en haar oupa, maar verdwyn daarna met haar perd.
Is Francois de Savoye, die skipbreukeling, werklik skuldig aan die moord op sy vriend? Waarom voel Antoinette dat hy 'n dubbele lewe lei?
Baron Paul Costeux, Antoinette se verloofde, en in haar oupa se oë 'n pierewaaier, is baie haastig dat hy en Antoinette moet trou omdat sy wanneer sy trou 'n deel van die familiejuwele sal erf?
Dan word haar oupa se sak vol riksdaalders gesteel en die wedloop om die versteekte familiejuwele te vind, begin. Wie is almal struikrowers, waarom is die juwele so belangrik en waar pas die alomteenwoordige ou Spaanse koetsier in?
Vallei van vrees is 'n heerlike, spannende ou-Kaapse verhaal uit die pen van die baasverteller De Wet le Roux.
Vallei
Hardeband met verweerde stofomslag maar verder in baie goeie kondisie
(nie geskik vir versamelaars)

Condition: Good

Investment

R15.00