Back to Store

Bee's Books

Halfkrone vir die Nagmaal
Zoom
Good

Halfkrone vir die Nagmaal

By E. Kotze

Synopsis

Die Weskus is 'n wêreld op sy eie: eie kultuur, eie soort spraak, eiesoortige lewenswyse en lewenswysheid. En vir die vertellers van hierdie streek is 'n verhaal 'n lewende ding: nie net woorde nie, maar lewe onder woorde gebring.
So 'n vertelkunstenaar is E. Kotze, boeiend in haar eie-soortigheid. Sy voer jou moeiteloos mee na haar wereld, waar see en land mekaar ontmoet en aanvul. Sy bevolk dit met mense wat elkeen sy eie grein en slag het.
Elke verhaal het iets buite die gewone te vertel. 'n Jong man loop 'n vreemde draai op land en see om te kan bekostig om Nagmaal te gaan vier met ander mense. Die vuurgees woed hom uit in die nederige huis van 'n vrou wat weet hoe om dit te besweer voordat dit háár ook verteer. Drie mense leer mekaar uiteindelik ken nadat hulle lank reeds saamge-woon het op die verlate soutpanne. 'n Wit kind en 'n bruin kind ontmoet die lewe en die dood op 'n dag van groot reens. En op 'n ander plek dra 'n meisie 'n pouveer, wat sê hoe diep haar liefde lê Dit is tydlose verhale, waarin die wesenlike aard van die mens met skerp insig én met deernis blootgelê word.
Sagteband
BBAF

Condition: Good

Investment

R50.00