Back to Store

Bee's Books

Moerland
Zoom
Good

Moerland

By Chris Barnard

Synopsis

Ek was op pad Mosambiek toe. Hulle wou my nie in Suidwes oor die grens laat kom nie, want ek was swart. Toe sê ek ja, maar in Angola wil hulle my ook nie hê nie, hulle't my in die tronk gestop oor ek nie MPLA is nie. Toe sit hulle my op die trein Mosambiek toe. Maar toe't ek nie papiere of niks nie, toe wil Mosambiek my ook nie hê nie, oor ek uit Suid-Afrika kom. Toe's ek niks; ek is niemand. Ek kon dit nie glo nie. Al die jare en jare het ek gewens ek kan my land sien. My eintlike land. Moeka se land. Afrikaans se land. Toon van den Heever se Hoëveld, Jan Celliers se vlakte, Langenhoven se ewige gebergtes. Jy weet, al die goed wat mens gelees het al die jare van die Karoo se sterre en Natal se duisend heuwels en die Boland se blou berge en Transvaal se Bosveld en Namakwaland se blomme, al die mooi goed wat jou moertaal so laat sing het in jou ore en wat jy nooit kon sien nie. En hier is ek. Op 'n trein. En ek ry deur dié land. In 'n trok met 'n permit vir Mosambiek en 'n pispot en 'n kan drinkwater en ses brode.
Hardeband
BBAF

Condition: Good

Investment

R75.00