Back to Store

Bee's Books

Padmaker
Zoom
Good

Padmaker

By Christine Barkhuizen Le Roux

Synopsis

As sy reg onthou, was dit dieselfde aand dat haar pa vertel het van die inge nieur wat ook 'n dominee en sosiale werker was, dat hy die ding gesê het wat sy nou eers verstaan: "Liefde is soos 'n aflosstokkie, my kind. 'n Mens kan dit nie vorentoe aangee as jy dit nie gekry het nie."
Twee maande na die verdwyning van haar bejaarde ma besluit Katrien om die paaie van haar kinderjare ná te ry. Haar reis neem haar terug na die pad-kampe waar haar saggeaarde pa, 'n padskraperoperateur, met sy stories oor die padwerke die lewe vir haar uitgelê het. Daar het haar ma, met haar verbete stryd teen die armoede van die kampe, se probleme begin. Katrien se opsoek van die mense en die plekke wat haar gevorm het, is meer as net 'n herinne ringstog. Dit is 'n poging om haar ma te verstaan en om haar eie weg vorentoe te vind. Op die oop pad onthou sy weer haar pa se woorde: "Om te weet waar-heen jy op pad is, moet 'n mens onthou waar jy vandaan kom."
CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX is op Vryburg gebore en woon deesdae op 'n plaas naby Barrydale. Haar debuutdigbundel, dimensie, het in 2000 verskyn. In 2006 het 'n kortverhaalbundel, Waar koek en wyn ontbreek, en 'n tweede dig-bundel, roset, gevolg. Verskeie van haar gedigte is in Nederlandse publikasies en Afrikaanse bloemlesings, onder andere Groot Verseboek, opgeneem.
PADMAKER is haar eerste roman.
Sagteband
In goeie kondisie, liggies gebruik

Condition: Good

Investment

R125.00