Hard soos Kameeldoringhout
By Sarah Du Pisanie
Synopsis
Sy is die dogter van 'n Duitse sendeling fyn opgevoed, 'n bekwame verpleegster en 'n deugsame vyf en twintig jaar oud.
Hý is 'n ongetemde mens, 'n transportryer met 'n wilde, swart baard wat bekers bier wegsluk en sy taal kan kruie. Dan beland hulle in 'n situasie waarin hulle noodgedwonge saam deur 'n gevaarlike, onherbergsame landstreek moet trek..
Die fyn Martie Schlage met haar groot, groen oë beleef angs, avontuur én spanning wanneer sy die ruie, beboste noorde van Suidwes-Afrika saam met die onwillige Braam Potgieter moet aandurf. Haar grootste wens is om so gou as moontlik by haar siek vader te kom, maar dit word uiteindelik 'n lang, uitputtende tog wat haar lewe drasties verander.
Hierdie meesleurende verhaal neem die leser terug na 'n vervloë tyd toe daar met witseil-waens onder die brandende son getrek is. Sarah du Pisanie vertel in Hard soos kameeldoringhout 'n spanningsvolle verhaal wat die leser end-uit gevange hou.
Hardeband
Bevat imperfeksies, nie geskik vir versamelaars
Condition: Fair
Investment
R25.00